Dippenaar vra vandag vir borg hangende appèl
Landdros Vicky Nikolaidis sal vandag ‘n borgaansoek van Jandre Dippenaar in die Walvisbaai-laerhof aanhoor. Dippenaar doen aansoek om borg hangende sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis na die noodlottige ongeluk op 29 Desember 2014 net buite Hentiesbaai. Hy is in Junie vanjaar deur landdros Gaynor Poulton in die streekshof op Swakopmund skuldig bevind en in Augustus tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Kennisgewing om te appelleer is reeds ingedien.