Trustco vra om op Nasdaq te noteer

Trustco Group Holdings, wat op die Johannesburgse aandelebeurs en die Namibiese aandelebeurs genoteer is, het sy aansoek om op die Nasdaq-aandelemark te noteer aangekondig. Die beplande notering, wat op 11 November ingedien is, het ten doel om Trustco se reikwydte in die wêreldwye finansiële markte te verbreed, veral in Amerika, wat ‘n aansienlike deel van die wêreld se aandelemarkkapitalisasie uitmaak. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die adjunk uitvoerende hoof van Trustco, Quinton van Rooyen Junior, wat meer deel.