Jagter van Otji verskyn weer volgende jaar

Plaaslike media berig dat die jagter en boer van Otjiwarongo, Johan van Rensburg weer op 17 Februarie volgende jaar in die hof op die dorp sal verskyn. Hy is vrygelaat op 20 000 Namibiese dollar na hy aangekla is met die onwettige jag en vervoer van twee krokodille. Volgens die berigte is ‘n krokodilkarkas en ‘n lewende krokodil op sy plaas gevind.