Trollip sê voedselvergiftiging moet noodtoestand wees

ActionSA het president Cyril Ramaphosa versoek om ‘n noodtoestand af te kondig ná die toenemende voedselvergiftigingsvoorvalle. Athol Trollip van ActionSA het die Parlement toegespreek en bevestig twaalf gesinne het hul kinders begrawe en honderde is in die hospitaal opgeneem. Die kinders wat ter sprake is, het na bewering produkte by spaza-winkels gekoop. Hy beklemtoon arm gemeenskappe word die meeste geraak en vra vinnige optrede om hierdie toenemende krisis te voorkom: