Aartsbiskop van Kantelberg bedank

Die Aartsbiskop van Kantelberg, Justin Welby, het bedank en sê hy is jammer omdat hy nie verseker het daar word na behore ondersoek ingestel na bewerings van misbruik teen ʼn vrywilliger by Christen-somerkampe van die Anglikaanse Kerk nie. John Smyth word daarvan beskuldig dat hy oor vyf dekades 100 seuns en jong mans in Brittanje en Afrika misbruik het. ʼn Onafhanklike hersiening het bevind Smyth kon moontlik voor die hof gebring word indien Welby ʼn dekade gelede die aangeleentheid formeel by die polisie aangemeld het. Volgens Welby is dit duidelik hy moet persoonlike en bestuursverantwoordelikheid neem.