Ehra werk aan ondersteuning vir trop na matriarg Mathila, dood is
Die matriarg van die Ugab-olifante, Mathilda, is weens natuurlike oorsake dood. Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, sê Mathilda se dood is die einde van ’n betekenisvolle era vir die trop, aangesien sy bekend was vir haar rustige, leidende teenwoordigheid. In ‘n huldeblyk teenoor Mathilda se nalatenskap, het Ehra sy 2025-kalender vrygestel, met 12 foto’s van Namibië se woestynolifante. Die opbrengs van die kalender sal Ehra se bewaringswerk ondersteun en help om die trop en hulle streek te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rachel Harris, Ehra se besturende direkteur.