Akkerbouraad sê oor hemelhoë invoersyfers
Die droogte raak Namibië se landbousektor erg, wat lei tot ‘n vermindering in die produksie van sleutelvoedselgewasse, veral koring en mahangu. Die land moes op invoere staatmaak om in die plaaslike vraag te voorsien. Die bemarkingseisoen vir mahangu het op 1 Junie begin en vir koring op 1 November. Voor hierdie datums was Namibië hoofsaaklik afhanklik van ingevoerde grane. Die Namibiese Akkerbouraad se Graanhandel Statistiese Verslag meld dat ‘n totaal van 2 449 ton mahangu ingevoer is, met 90 persent van Angola en 10 persent van Indië, terwyl slegs 382 ton plaaslik verkry is. Kosmos 94.1 Nuus het met die bestuurder van akkerbou en tuinbou van die Akkerbouraad, Gilbert Mulonda, gesels oor die prentjie vir mahangu.
Mulonda lewer ook kommentaar oor koring.