Elon, Vivek lei doeltreffendheid-departement

Amerika se gekose president Donald Trump het aangekondig die miljardêr, Elon Musk, en voormalige Republikeinse presidentskandidaat, Vivek Ramaswamy, sal in sy administrasie aan die hoof staan van ʼn nuwe Departement van Regeringsdoeltreffendheid. Trump sê dié twee sal die weg baan om ontslae te raak van regeringsburokrasie, onnodige regulasies kanselleer, verkwistende uitgawes besnoei en federale agentskappe herstruktureer. Hy het ook die Fox News-aanbieder en weermagveteraan, Pete Hegseth, aangewys as minister van Verdediging terwyl die goewerneur van Suid-Dakota, Kristi Noem, wat haar 14 maande oue hondjie doodgeskiet het omdat sy hom nie kon oplei nie, Binnelandse Veiligheid sal lei.