Rassie speel weer kat-en-muis voor Engeland-toets
Rugby: Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het besluit om die teenstanders so lank as moontlik te laat raai en sal die span vir Saterdag se kragmeting teen Engeland op Twickenham eers Donderdag aankondig. Hy het verlede week die groep vir die wedstryd teen Skotland eers twee dae voor die tyd bekendgemaak. Erasmus sal na verwagting sy sterkste beskikbare span kies nadat hy elf veranderinge aangebring het vir die Skotland-toets. Daar is veral belangstelling oor wie hy in die nommer 10-trui gaan kies, Handré Pollard of Manie Libbok.