FNB se nuwe stelsel goedkoper, vinniger as SWIFT
FNB verbeter sy oorgrensbetalingsdienste oor die Gemeenskaplike Monetêre Gebied deur ‘n vennootskap met BankservAfrica te sluit om die “transaksies onmiddellik verwerk”-, of TCIB-stelsel, bekend te stel. Die nuwe stelsel, wat op 18 Oktober ingestel is, sal FNB-kliënte in Suid-Afrika, Namibië, Lesotho en eSwatini in staat stel om laewaarde-betalings onmiddellik en veilig te stuur, enige tyd van die dag. Dit volg na elektroniese fondsoorplasings vervang is met SWIFT-betalings, wat langer vat en duurder is. Met die TCIB-stelsel word betalings tussen FNB-rekeninge regoor die monetêre gebied byna intyds verwerk, wat verbeterde sekuriteit, spoed en betroubaarheid bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ian Erlank, die hoof van globale markte by RMB Namibia, wat verduidelik wat dit vir FNB-kliënte sal beteken.