Asiese markte daal weens handelsoorlog-kommer

Asiese markte het gedaal weens kommer oor die impak van ʼn moontlike handelsoorlog tussen China en Amerika wanneer Donald Trump oorneem. Dit is vererger deur teleurstelling oor die gebrek aan bykomende maatreëls deur Beijing om sy sukkelende ekonomie ʼn hupstoot te gee. Wall Street het op ʼn nuwe rekord gesluit, aangevuur deur verwagtinge dat Trump beloofde sakevriendelike beleid gaan deurvoer. Amerikaanse beleggers berei hulle voor op nog vier sterk jare wanneer Trump belastings verminder en regulasies verslap, maar hulle Asiese eweknieë vrees ʼn verlammende handelsoorlog.