Cane, Tele’a uit All Blacksgroep vir toets teen Frankryk

Rugby: Oudkaptein Sam Cane en die vleuel Mark Tele’a sal nie Saterdag in Parys vir die All Blacks kan speel teen Frankryk nie. Die flank het ‘n diep sny aan sy kop opgedoen tydens verlede week se oorwinning oor Ierland en dit kan die einde van sy loopbaan beteken, want hy beplan om na die toer uit te tree. Tele’a het sy hand beseer, en die slot Sam Darry is vroeër huis toe met ‘n ernstige kniebesering. Hulle word vervang deur Du’Plessis Kirifi, Chay Fihaki en Fabian Holland.