Visserye het nie die kundigheid, hulbronne om mariene-omgewing te bestuur nie

Onvoldoende menslike hulpbronne, hoë personeelomset en ‘n groeiende aantal ervare personeel wat aftrede nader, ondermyn die visserye-ministerie se vermoë om mariene en binnelandse visserye te beskerm en volhoubaar te bestuur. Boonop is toerusting verouderd, voertuie staan ledig, navorsingsvaartuie kan nie see toe gaan nie, daar is slegs een operasionele vliegtuig en ‘n ondoeltreffende vaartuigmoniteringstelsel wat deur onwettige vaartuie omseil kan word. Dit is volgens ‘n verslag deur die parlementêre staande komitee oor landbou, omgewing en natuurlike hulpbronne. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia, wat sê die regering sal heelwat meer hieraan moet doen.