Joschko-Dippenaar-saak neergelê vir Maart ’25

Die skadevergoedingsaak wat Antonia Joschko teen Jandre Dippenaar gebring het is neergelê vir 5 tot 20 Maart volgende jaar. Die saak het vlugtig vanoggend voor regter Shafimana Ueitele voorgekom. Joschko dagvaar na die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar. Ses mense is dood, insluitend haar ouers en haar suster. Dippenaar is in Junie vanjaar skuldig bevind aan ses klagte van moord en is in Augustus tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Hy is ook 10 000 Namibiese dollar beboet op twee verwante klagtes.