Odinga mik vir AU top-pos

Die Keniaanse veteraan-politikus Raila Odinga het sy visier op die top-pos by die Afrika-unie gerig. Die 79-jarige kom te staan voor drie sterk mededingers, van Djiboeti, Mauritius en Madagaskar, in sy poging om as voorsitter van die Kommissie verkies te word. Die stem vir ‘n opvolger van Tsjad se Moussa Faki Mahamat sal in Februarie per geheime stembrief by die AU-beraad plaasvind. Die huidige Keniaanse president William Ruto, wat Odinga in die 2022-verkiesing net-net verslaan het, steun hom.