Bitcoin nou die 8ste waardevolste bate

Bitcoin het silwer verbygesteek en is tans die agtste waardevolste bate in die wêreld met ‘n totale waarde van 1,8 triljoen Amerikaanse dollar. Die huidige top-tien vertoon tans so, in triljoen Amerikaanse dollar. Goud op 17,6 triljoen dollar, Nvidia op 3,6, Apple met 3,4, Microsoft op 3,1, Alphabet met ‘n waarde van 2,2 triljoen Amerikaanse dollar, met Amazon ook op 2,2. Die staatsbeheerde oliemaatskappy Saudi Aramco is sewende geplaas op 1,8 en dan Bitcoin. Silwer kom negende in op 1,7 en laaste is Meta-platforms op 1,5. Bitcoin het baie skerp gestyg en verhandel tans net onder 89 000 Amerikaanse dollar.