Duisende fietsryers soek sopkluitjies, veroorsaak chaos

Die Chinese polisie het toegeslaan op fietsryers wat in ‘n internet-gier saans op ‘n snelweg saamgedrom het om sopkluitjies te gaan geniet in ‘n nabygeleë stad. Universiteitstudente het die neiging weke gelede aangewakker toe hulle ‘n plasing op sosiale media gesit het van hul sowat 80-kilometer-lange aandrit vanaf die sentrale stad Zhengzhou na Kaifeng, om bekende plaaslike sopkluitjies te geniet. Owerhede het aanvanklik die heilsame geselligheid verwelkom, maar het later verkeersbeperkings ingestel nadat die aantal deelnemers chaos in die verkeer veroorsaak het en kommer oor veiligheid laat ontstaan het.