Deflasie in China gaan ons almal raak

Reaksie word ontvang op China se verbruikerspryse wat in Oktober teen die stadigste pas in vier maande gestyg het. Data wat vrygestel is toon ook produsenteprys-deflasie het verdiep, al het Beijing stimulering opgeskerp om die sukkelende ekonomie te steun. Kosmos 94.1 Nuus het met Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat waarsku dat China se ekonomiese probleme die Suid-Afrikaanse rand sowel as uitvoere in die buurland en plaaslik, sal raak…