Ongeënte persone stel ander in gevaar
Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula het aanmerkings deur die minister van inligting Peya Mushelenga verdedig. Mushelenga het gesê dat mense wat weier om hulself in te ent, ander in gevaar plaas. Dr. Shangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.