N$87 miljard vir krag-invoere in ’23… ons bestee meer vir minder
Die Internasionale Energie-agentskap sê Namibië het ongeveer 5 miljard Amerikaanse dollar, oftewel, 87 miljard Namibiese dollar op elektrisiteit in 2023 bestee. Mining and Energy berig dit toon ‘n 25 persent verhoging sedert 2019 aan. Hierdie skerp styging in koste spruit uit beide geldeenhede se waardevermindering en ‘n verskuiwing in invoerbronne. Die agentskap se bevindings onthul dat Namibië terwyl besteding styg, daal die werklike volume van ingevoerde elektrisiteit.