Shivambu sê hy’s bevoeg vir SG van MK-party

Die voormalige adjunkpresident van die EFF, Floyd Shivambu het belowe om die MK-party te help om ‘n gedugte organisasie te word wat verkiesings sonder moeite kan wen. Die president van MK, Jacob Zuma het hom as sekretaris-generaal aangestel om die leisels oor te neem by Sifiso Maseko, wat verlede week bedank het. Hy is terug by die Gautengse Departement van Gesondheid. Shivambu het aan die SABC gesê hy sal die party met respek en eerlikheid dien: