Bibi en Trump gesels drie keer sedert Dinsdag
Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy het sedert die verkiesing drie keer met Amerika se aangewese president Donald Trump gepraat om die bondgenootskap tussen hulle nasies te versterk. Israelse aanvalle op Libanon en die noorde van Gaza het Sondag tot 23 mense, insluitend kinders, se dood gelei. Netanyahu beskryf die gesprekke met Trump as goed en belangrik en sê albei stem saam oor Iran se bedreiging op alle vlakke, en die gevaar wat dit inhou.