Oekraïne looi Rusland
Oekraïne het die grootste hommeltuigaanval op Rusland uitgevoer sedert Vladimir Putin se volskaalse inval in 2022. Moskou se Verdediging-ministerie sê hulle het die naweek 84 Oekraïnse hommeltuie oor ses streke onderskep. Dit het veroorsaak dat vlugte van drie van die land se grootste lughawens herlei moes word. Die Oekraïnse weermag sê dit was in reaksie op 145 hommeltuie wat Rusland na elke deel van die land gestuur het. Die lugaanvalle het plaasgevind terwyl Rusland blykbaar 50 000 soldate opgeroep het om gebiede in Koersk wat deur Oekraïne beset word, te herower