KZN-owerhede vergader oor voedselvergiftiging
Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging in KwaZulu-Natal het dringend met munisipale omgewingsgesondheidspraktisyns vergader om toenemende voedselvergiftigingsvoorvalle onder leerders te bespreek. Dit gebeur terwyl honderde leerders geraak is deur die uitbreking. In ‘n onderhoud met die SABC het die direkteur van SALGA in die provinsie, Sabelo Gwala, kommer uitgespreek oor tekortkomings in die stelsel en stygende misdaadbedrywighede, en gevra vir beslissende maatreëls om nog sterftes weens besmette kos te keer: