Diddy bied US$50m borgpakket aan

Sean “Diddy” Combs het ‘n nuwe borgtogpakket van 50 miljoen Amerikaanse dollar voorgestel in wat hy hoop sy vrylating sal waarborg. Hy is reeds agt weke in ‘n Brooklyn-tronk na hy gearresteer is op klagte van kriminele sekshandel. Hy ontken skuld. In nog ‘n verwikkeling het distriksregter Arun Subramanian, wat toesig hou oor die strafsaak, Combs se versoek vir ‘n swygebevel teen sy beskuldigers, wat hulle sou verbied om in die openbaar oor die saak te praat van die hand gewys.