Indië klop Proteas met 61 lopies
Indië was Vrydagaand veels te sterk vir die Proteas in hulle aanvangs-T20-kragmeting op Kingsmead in Durban. Die besoekers het ‘n oortuigende 61-lopie oorwinning behaal en het nou ‘n 1-0 voorsprong in die reeks van vier wedstryde. Indië het 202 vir 8 aangeteken en Suid-Afrika is almal uitgeboul vir 141. Indië se sterkolwer, Sanju Samson, het gesorg vir ‘n briljante 107 van net 56 balle af, terwyl Heinrich Klaasen en Ryan Rickelton vir Suid-Afrika onderskeidelik net 24 en 21 kon aanteken. Die volgende wedstryd in die reeks word môre op St Georgespark gespeel.