Nampol kry opleiding in etiket, protokol
Die Namibiese polisie sal volgende opleiding vir protokol en etiket aan sy lede aanbied. Dit word in samewerking met die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie aangebied by die Israel Patrick Iyambo Polisiekollege in die hoofstad. Die opleiding begin Maandag en duur tot Vrydag. Daar is gereeld klagtes oor veral Nampol-lede se gedrag. Goeie gedrag is uiters belangrik om die vertroue van gemeenskappe te wen wat noodsaaklik is vir polisiëring en dus word die opleiding verwelkom.