Kommer oor of Trump Biden se entstof-beloftes aan Afrika sal hou

Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming vra die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, om entstof- en finansieringsbeloftes te eerbiedig wat sy voorganger, Joe Biden, gemaak het. Biden het in September ‘n miljoen dosisse teen M-pokke beloof om die vasteland se reaksie teen die voortgesette uitbreking te ondersteun. Direkteur John Kaseya sê die beskikbaarstelling van beloofde befondsing en entstowwe verloop stadig en die kommer vergroot sedert Trump se verkiesings-oorwinning.