Krieketlegende uit krokodilwaters deur oud-teenstander gered

Die Engelse krieketlegende, sir Ian Botham, is deur die voormalige Australiese snelbouler, Merv Hughes, gered nadat hy van ʼn boot oorboord geval en in water vol haaie en krokodille beland het. Hulle was op ʼn vierdaagse bootvaart om barramundi-vis te vang toe die voorval gebeur het. Sir Ian het blykbaar oor tou gestruikel en kop eerste in die Moylerivier naby Darwin in Noord-Australië geval. Hy word beskou as een van Engeland se grootste krieketspelers met 5 200 toetslopies en 383 paaltjies gedurende sy loopbaan.