EU skenk N$3,8m se droogtehulp

Die Europese Unie het 3,8 miljoen Namibiese dollar vir droogtehulp geskenk. Dit sal sowat 140 000 Namibiërs bystaan. President Nangolo Mbumba het in Mei vanjaar ‘n noodtoestand afgekondig. Die Namibiese Rooi Kruisvereniging is in beheer van die verspreiding van die hulp geplaas vanweë sy gemeenskapsbande en suksesvolle rekord in die streke wat die meeste deur die droogte geraak is. Dit sluit onder meer Kavango Wes-, Kavango Oos-, Zambezi-, Omusati-, Hardap- en Omaheke-streke in.