Geweld duur voort in Mosambiek, 30 dood

Human Rights Watch sê minstens 30 mense is in geweld in Mosambiek dood na bykans drie weke van betogings oor ‘n omstrede presidentsverkiesing. Dit sluit nie Donderdag se geweld in nie toe polisie en soldate duisende betogers in die hoofstad, Maputo, uiteengejaag het. Die Suider-Afrikaanse land word deur geweld geteister sedert die Frelimo-party, wat bykans 50 jaar aan bewind is, die verkiesing op 9 Oktober met meer as 70-persent van die stemme gewen het.