Von Bach vat water!

Die Von Bachdam is besig om ‘n klein invloei van water te kry na reënbuie in sy opvangsgebied. Reënwater vloei tans teen sowat 4,1 kubieke meter per sekonde die dam binne. Volgens NamWater se dambulletin was die dam Maandag 9,8 persent vol en vanoggend om 8-uur het hy op 10,1 persent gestaan. Volgens NamWater het die dam vandag reeds 450 000 kubieke meter water gevat.