US baan weg vir mensagtige robots

Die Universiteit Stellenbosch se Departement van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese het ‘n hipermoderne navorsingsplatform bekend gestel wat die weg baan vir mensagtige robots. Doktor William Duckitt van die universiteit sê die baanbrekerplatform stel gevorderde robotika-tegnologie ten toon en demonstreer die krag van inter-dissiplinêre samewerking in ingenieurswese. Hy voeg by die mensagtige robot staan ten volle regop met ‘n funksionele torso en ‘n regterarm en hand wat in volle werking is terwyl die linkerarm voltooiing nader.