Ierland mik na oorwinning oor All Blacks
Rugby: Ierland se hoofafrigter, Andy Farrell, sê toetse teen die All Blacks is altyd ekstra spesiaal en vanaand se kragmeting in Dublin gaan nie oor wraak vir verlede jaar se nederlaag teen Nieu-Seeland in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi nie. Hy beskryf die Kiwis as een van die beste spanne in die wêreld en sê dit is genoeg motivering. Ierland, wat tans boaan die wêreldranglys is, mik na hulle 20ste agtereenvolgende oorwinning in die Aviva-stadion. Farrell sê Nieu-Seeland is altyd dié span om te klop.