Sokker se MTC Maris-beker bied N$1,5 miljoen prysgeld

Die MTC-filiaal Windhoek General Administrators het die MTC Maris-beker geloods, ‘n baanbrekende sokkertoernooi met die grootste prys in Namibiese geskiedenis. Die kompetisie sal bestaan uit die 16 klubs in die Debmarine Premierliga, wat sake sal uitspook vir ‘n rekord 1,5 miljoen Namibiese dollar wenbedrag. Die MTC Maris-beker skop af op 25 Januarie met die ronde van 16. Die kwarteindronde is geskeduleer vir 1 en 2 Februarie, gevolg deur die halfeindronde op 15 en 16 Februarie, en die finaal op 1 Maart 2025. Die toernooi is ook die debuut van MTC se mobiele gelddiens, MTC Maris. Toeskouers sal gratis toegang tot die wedstryde kry, mits hulle vir MTC Maris registreer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met MTC se woordvoerder, John Ekongo, wat uitbrei.