Namibiërs oorheers NWRse feesseisoen-besprekings
Namibia Wildlife Resorts se statistieke toon ‘n aansienlike toename in besprekings deur Namibiërs vir die 2024-feesseisoen, wat ‘n groter belangstelling uitwys van mense om hul eie land te verken. Ontleding dui aan dat Namibiërs besprekings vir Desember 2024 en Januarie 2025 oorheers, ‘n tendens wat ondersteun word deur NWR se inisiatiewe soos die Namibiese Leisure Card en afslag-aanbiedings, wat daarop gemik is om plaaslike reis meer toeganklik te maak. Volgens die besprekingsverslag vir Desember dra Namibiërs sover 12,8 persent in eenheidsbesetting by, met Suid-Afrikaners op 2,5 persent en Duitsers in die derde plek. Hierdie tendens duur voort in Januarie 2025, met Namibiërs wat 8 persent besetting verseker het, gevolg deur Suid-Afrikaners en Duitsers. Kosmos 94.1 Nuus het met NWR-woordvoerder Nelson Ashipala gesels, wat meer deel.