Cosatu verwelkom tabakprodukte-wetsontwerp
Cosatu verwelkom die indiening van die Wetsontwerp op Tabakprodukte en Beheer oor Elektroniese Leweringstelsels by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, Nedlac. Dit volg na toenemende druk van die sakesektor, arbeid en verskeie partye in die regering van nasionale eenheid. Matthew Parks van Cosatu sê dit is ‘n belangrike wetsontwerp om die regering se vermoë te versterk om ‘n bedreiging vir openbare gesondheid te bestuur.