GOOD soek beraad om verhouding tussen bende en amptenare te ondersoek
Die GOOD-party vra dat ‘n provinsiale misdaadberaad in die Wes-Kaap gehou word om aandag te gee aan beweerde bande tussen bendebase en amptenare in die provinsie. Dit volg op ‘n debat oor onlangse massamoorde in Bishop Lavis, Atlantis en Khayelitsha. Brett Herron van GOOD wys daarop figure soos Mark Lifman gebruik politieke vriendskappe om misdaadnetwerke te verbloem. Hy vra die regering om ‘n misdaadberaad te belê om oplossings te vind vir die provinsie se toenemende bendegeweld: