Nissan sny duisende poste
Nissan het planne aangekondig om 9 000 poste wêreldwyd te sny. Volgens News24 sal die onderneming ook sy uitvoerende hoof, Makoto Uchida, se salaris met 50-persent verminder, as gevolg van swak Noord-Amerikaanse verkope en Chinese mededinging met elektriese voertuie. Die motorvervaardiger het sy verkoopsvoorspelling tot 1,3 miljard Namibiese dollar verminder en sal produksie met 20 persent sny. Nissan beplan ook om sy belange in Mitsubishi Motors af te skaal, as deel van ‘n breër omkeerstrategie wat op kostedoeltreffendheid en die herbou van sy handelsmerk gemik is