Mosambiek opposisieleier sê land is by ‘n sleuteloomblik

Die belangrikste opposisieleier in Mosambiek, Venâncio Mondlane, sê die land het ʼn sleuteloomblik bereik. Hy het met AFP gepraat voor ‘n betoging wat hy uitgeroep het. Volgens Mondlane heers daar ʼn rewolusionêre atmosfeer wat bewys Mosambiek is op die punt van ʼn unieke geskiedkundige en politieke oorgang. Hy is steeds in die buiteland na hy om veiligheidsredes gevlug het, en sê hy kan nie aan die betoging deelneem nie.