Bitcoin styg hemelshoog na Trump verkies is
Bitcoin het van 68 734 Amerikaanse dollar Dinsdagoggend tot ‘n nuwe hoogtepunt van 75 434 dollar gestyg Woensdag na afloop van die Amerikaanse verkiesing, volgens Coingecko, die prys- en statistieksamesteller. Bitcoin het in vroeë verhandeling byna 8 persent geklim en sy vorige rekord wat in Maart opgestel is, verpletter. Vanmiddag verhandel bitcoin teen 74 896 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nikolai Tjongarero van OKIN Trading Enterprises, wat beide Bitcoin Mining Namibia en EasySats bestuur. Tjongarero sê dat Donald Trump tydens sy verkiesingsveldtog positiewe opmerkings oor die kripto-valutamark gemaak het.