Britse en Ierse Leeus kry nuwe trui

Rugby: Die Britse en Ierse Leeus gaan ‘n trui in ‘n donkerder rooi dra tydens volgende jaar se toer in Australië. Dit bevat ‘n patroon wat in die materiaal ingeweef is wat die samesmelting van vier nasies simboliseer. Die toer sal bestaan uit 11 wedstryde, insluitend drie toetse teen die Wallabies, van 20 Junie tot 2 Augustus. Die Leeus het in 2013 laas ‘n reeks in Australië gewen, gevolg deur reeksnederlae teen die All Blacks in 2017 en die Springbokke in 2021.