Dali Mpofu verlaat EFF, Malema min gepla

Die leier van die EFF, Julius Malema, is nie van stryk gebring deur die besluit van die nasionale voorsitter van die party, Dali Mpofu, om by oudpresident Jacob Zuma se MK-party aan te sluit nie. Mpofu glo in die potensiaal van die MK-party om totale bevryding te bring. Malema het reageer op Mpofu se aankondiging op X en verwag nog senior mense gaan oorloop. Hy meen egter die EFF staan sterk en sal met die oog op die party se komende konferensie steeds sifting doen vir insypelaars.