Trump is nie goeie nuus vir Afrika nie
‘n Ekonoom van die Stellenbosch Bestuurskool, Andre Roux, sê die Amerikaanse verkose president, Donald Trump, se oorwinning kan ‘n negatiewe uitwerking op die ekonomie van Suid-Afrika en Afrika hê. Roux waarsku Trump se beleide, wat handel met ander lande beperk, insluitend tariewe op invoer, kan die handelsverhoudinge benadeel, veral ingevolge Agoa in Afrika. Hy het ook Trump se lae prioriteit oor klimaatsverandering beklemtoon, wat langtermyngevolge vir Afrika kan inhou: