Unam se sentrum op Katima is meer as net ‘n fasiliteit

Unam se Departement Natuurlewebestuur en Toerismestudies op sy Katima Mulilo-kampus se splinternuwe moderne fasiliteite is vandeesweek ingewy. Die uitgebreide kampus kan 120 meer studente akkommodeer. Die departement se doelwit is om vraaggerigte kwalifikasies in wildbestuur en verwante velde aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Morgan Hauptfleisch van die Namibiese Natuurstigting wat sê dat dit ‘n belangrike rol sal speel in die Kavango–Zambezi-oorgrensbewaringsgebied.