Bank Windhoek staan landbou by

Landbou speel ‘n beduidende rol in Namibië se ekonomie en daarom spreek Bank Windhoek se Agri-reeks die kritieke impak van droogte op die landbousektor aan. Die vyfde Agri-reeks, wat vir 13 November in Windhoek geskeduleer is, sal eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila insluit en fokus op die tema “Kweek verandering: strategieë vir ’n veerkragtige landboutoekoms”. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jacquiline Pack, Bank Windhoek se uitvoerende beampte vir bemarking en korporatiewe kommunikasiedienste, wat meer inligting gee.