Optrede teen polisie betrokke in Kinnear-moord duur voort
Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat sê hy gaan voort met strafregtelike en dissiplinêre optrede teen nege polisielede wat verbind word met die moord op ‘n speurder van Kaapstad se teen-bende-eenheid, Charl Kinnear, in 2020. Die direktoraat het sy verslag gedeklassifiseer en sewe polisielede uitgewys asook twee van die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoeke. Hoofondersoeker Mario September sê die direktoraat werk saam met die Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n vroeëre besluit om nie te vervolg nie, te hersien.