Kleinsake: Tegnologiese innoverings ontbreek

Die Ekonomiese Vereniging van Namibië, in vennootskap met die Hanns Seidel-stigting Namibië en GIZ Namibië, het ‘n openbare bespreking aangebied onder die tema “Oorbrug die gaping: Regeringsbefondsingsoplossings vir Namibiese begin-besighede en kleiner besighede”. Dr. Michael Humavindo, die adjunk-uitvoerende direkteur van nywerheidsontwikkeling in die industrialisasie-ministerie, het ‘n aanbieding gelewer. Humavindo sê Namibië het ‘n tekort aan tegnologiese innovasie.