Harris gee nie toe oor stryd wat haar vedltog gedryf het nie
Amerika se visepresident Kamala Harris sê sy is trots op haar verkiesingsveldtog wat daarop gemik was om mense te verenig deur hul liefde vir die land. Sy het haar toegewingstoespraak in Washington DC gehou ná haar nederlaag teen gekose president Donald Trump. Harris sê sy gee toe oor die verkiesingsuitslag, maar nie die stryd wat haar veldtog aangevuur het nie. Sy sê sy het Trump gelukgewens en hom meegedeel dat hulle die mag vreedsaam sal oordra: