Putin sal met Trump saamwerk om doelwitte in Oekraïne te bereik
Rusland sê hy het geen illusies oor ‘n tweede Donald Trump-administrasie nie, maar sal met hom saamwerk om sy doelwitte in Oekraïne te bereik. Die Kremlin het gesê die VSA is steeds ‘n vyandige staat en dat net die tyd sal leer of Trump se retoriek oor die beëindiging van die Oekraïne-oorlog ‘n werklikheid sal word. Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, het gesê hy is nie bewus van enige planne deur president Vladimir Putin om Trump geluk te wens met sy oorwinning nie en dat betrekkinge met Washington op ‘n historiese laagtepunt is.